Die ANC-beheerde Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit laat Upington se inwoners in die steek veral wat watervoorsiening aanbetref.
Die munisipaliteit sukkel reeds vir meer as vyf dae om watertoevoer na verskeie woongebiede in die dorp te herstel. Woongebiede wat geraak word, sluit in Die Rand, Augrabies Park, Oosterville en Blydeville.
Die situasie het versleg nadat alle gebiede wat deur die Abraham Holbors September-watersuiweringswerke voorsien word, vanoggend sonder water gelaat is.
Volgens die nuutaangestelde direkteur van siviele dienste, mnr Tsepiso Maphuthu, is die suiweringswerke vanoggend afgeskakel om druk op die waternetwerk te verminder sodat herstelwerk kan begin.
Die publiek is dié week verskeie kere in die duister gelaat oor wanneer herstelwerk gaan plaasvind en hoe lank dit gaan duur.
Die VF Plus het herhaaldelik, maar sonder sukses, probeer om inligting van mnr. Maphuthu te bekom om vas te stel wat die oorsaak van die gebarste pype is.
Die situasie is ‘n duidelike bewys van nog ‘n ANC-beheerde munisipaliteit wat ná jare se wanbestuur en swak onderhoud gemeenskappe sonder basiese dienste laat.
Die VF Plus doen ‘n beroep op alle inwoners om seker te maak hulle is geregistreer om op 4 November die ANC se mag te breek.


