Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-beheerde Dawid Kruiper-munisipaliteit ignoreer openbare deelnameprosesse

Schröderstraat in Upington heet voortaan Alfred Qayiso Gubelastraat en basta. Die ANC in die David Kruiper-plaaslike munisipaliteit het dié besluit deurgedruk ongeag ‘n spesiale raadsvergadering waar die openbare deelnameproses totaal geminag is.

Volgens die ANC is die besluit geneem na aanleiding van die “Municipal Advisory Council” of te wel Mac se aanbevelings. Hoe hulle tot dié gevolgtrekking gekom het, is onduidelik.

Die openbare deelnameproses se stemme vir en teen die naamsverandering, dien as bewys dat die gemeenskap van Upington nie belang stel om die naam te verander nie.

Die totale stemme vir die naamsverandering was 1317 teenoor ‘n oorweldigende 7055 stemme teen die verandering.

Hierdie is niks anders nie as ‘n opportunistiese poging van die ANC om met die oog op volgende jaar se munisipale verkiesing aansien te herwin aangesien sy prestasies veel te wense oorlaat.

Dit is duidelik dat die ANC hom nie steur aan die voorgeskrewe prosesse of die gemeenskap se bydrae of mening nie.

Die inwoners van Upington sukkel daagliks met riool- en diensleweringsprobleme wat soms vir weke geïgnoreer word nie. Die gemeenskappe van Klippunt en Kalksloot net buite Upington, het byvoorbeeld vir die laaste ses dae min of geen water.

Die VF Plus dring daarop aan dat die munisipaliteit die naamsverandering onmiddellik stopsit aangesien dit duidelik nie die gemeenskap se goedkeuring wegdra nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.