Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

RNE was regte besluit, maar aanpassings is nodig

Die besluit dat Suid-Afrika se nuwe politieke koers gestuur moet word deur ʼn regering van nasionale eenheid (RNE) was die regte besluit. Net so het VF Plus die regte besluit geneem om deel te wees van só ʼn regering.

Hierdie besluit het duidelik riglyne en voornemens gestel: Eerstens respek vir die Grondwet, die volle Handves van Regte en die oppergesag van die reg. Daarnaas nie-rassigheid en -seksisme en ander voorbehoude. Dit was ook die regte besluit.

Die VF Plus is verbind tot die werk en sukses van die RNE in die belang van Suid-Afrika, met sy eie voorbehoude:

Die party sal nie geassimileer word in enige politieke party in die RNE nie en sal ʼn nisparty bly vir die Afrikaner en ander minderheidsgemeenskappe en bly verbind tot selfbeskikking in al sy vorme.

Wat die presidensie self aanbetref, bestaan daar ʼn groot leemte ten opsigte van oorsig. Dit sal reggestel moet word. Hierdie kwessie is reeds deur die Zondo-kommissie ter berde gebring.

Die hoogste prioriteit van die RNE is ekonomiese groei. Hiervoor is Suid-Afrika in sy totaliteit nodig en ʼn oorsigliggaam oor die presidensie sal ʼn belangrike rol hierin speel.

In Brittanje bestaan so ʼn struktuur uit die voorsitters van die portefeuljekomitees om beleid en beleidsrigting met die eerste minister te bespreek.

So ʼn oorsigmeganisme oor die presidensie mag nie gebruik word om persoonlike vetes en aksies teen die president as persoon te voer nie.

Dit is nie ʼn politieke platform nie en die doel daarvan is om opreg te soek na oplossings vir bepaalde probleme. Dit kan en moét gedoen word in die opregte versugting om Suid-Afrika op die herstelpad te plaas.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.