nligting wat inwoners van Kemptonpark self byhou, toon aan dat dié stad die afgelope ses maande 263 kragonderbrekings gehad wat inwoners altesame bykans 70 dae sonder krag gelaat het.
Dié kragonderbrekings het ʼn geweldige invloed op huishoudings en ondernemings.
Baie huishoudings en ondernemings beskik nie oor die finansies om alternatiewe kragbronne aan te skaf nie. Sulke ondernemings moet noodgedwonge hul deure sluit tydens kragonderbrekings.
Gedetailleerde statistieke wat die gemeenskap self byhou en op sosiale media deel, toon die erns van die situasie in verskeie woonbuurte aan:
• OR Tambo-lughawe: 12 onderbrekings, gemiddeld 6 uur elk.
• Allen Grove: 10 onderbrekings, gemiddeld 7 uur elk.
• Aston Manor: 14 onderbrekings, gemiddeld 5 uur elk.
• Birch Acres: 15 onderbrekings, gemiddeld 8 uur elk.
• Birchleigh, 15 onderbrekings, gemiddeld 8 uur elk.
• Bonaeropark: 13 onderbrekings, gemiddeld 7 uur elk.
• CBD: 8 onderbrekings, gemiddeld 9 uur elk.
• Cresslawn: 11 onderbrekings, gemiddeld 6 uur elk.
• Croydon: 9 onderbrekings, gemiddeld 7 uur elk.
• Edleen: 10 onderbrekings, gemiddeld 6 uur elk.
• Esterpark: 12 onderbrekings, gemiddeld 6 uur elk.
• Glen Erasmia: 13 onderbrekings, gemiddeld 5 uur elk.
• Glen Marais: 11 onderbrekings, gemiddeld 7 uur elk.
• Kelvin-landgoed: 10 onderbrekings, gemiddeld 8 uur elk.
• Kempton Uitbr. 1, 2, 3 en 4: 14 onderbrekings, gemiddeld 5 uur elk.
• Kemptonpark-Wes: 12 onderbrekings, gemiddeld 6 uur elk.
• Nimrodpark: 11 onderbrekings, gemiddeld 7 uur elk.
• Norkempark: 10 onderbrekings, gemiddeld 7 uur elk.
• Pomona: 12 onderbrekings, gemiddeld 6 uur elk.
• Rhodesfield: 8 onderbrekings, gemiddeld 9 uur elk.
• Spartan: 9 onderbrekings, gemiddeld 8 uur elk.
• Terenure: 13 onderbrekings, gemiddeld 7 uur elk.
• Van Riebeeckpark: 10 onderbrekings, gemiddeld 6 uur elk.
Dié onderbrekings is grootliks te wyte aan verouderde infrastruktuur wat al 77 jaar oud is.
Onder ANC-beheer het die Ekurhuleni-metro min gedoen om die kragnetwerk op te gradeer en die skuld vir die kragprobleem moet daar gesoek word.
Die VF Plus het die metro reeds versoek om ʼn aksieplan voor te lê oor hoe die probleme met die 66kV-netwerk aangespreek gaan word en wanneer ander medium- tot laespanningskabels in woon- en sakegebiede vervang sal word.
Die probleem is ook verwys na die VF Plus se verteenwoordigers in die Gautengse wetgewer om dit met die betrokke LUR’e op te neem.
Die inwoners van Kemptonpark verdien ʼn betroubare kragnetwerk en die Ekurhuleni-metro moet die kwessie dringend prioritiseer.