Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp haatspraak tydens Tshwane-raadsvergadering

Die VF Plus verwerp met minagting die rassistiese uitlatings van Obakeng Ramabodu van die EFF tydens vandag se raadsvergadering van die Tshwane-metroraad.

Ramabodu het onder meer gesê hy wil “ ’n boer moer” omdat hy die “bloed van ’n Afrikaner soek”.

Die party het reeds ’n regspraktisyn genader oor verdere stappe en wil ʼn duidelike boodskap uitstuur dat die gedrag nie geduld sal word nie.

ʼn Paar opsies word oorweeg soos ʼn klag by die menseregtekommissie (MRK), aansoek by die gelykheidshof of ‘n strafregtelike klag deur die normale strafproses.

Die VF Plus sal nie toelaat dat die Afrikaner op hierdie wyse verneder en gedreig word nie.

Vandag se uitlatings in die raadsaal was niks anders as haatspraak nie en dit druis in teen alles waarvoor die party staan.

Volgens die Grondwet, spesifiek artikel 16 oor vryheid van spraak, is daar beperkings op die reg om te sê wat jy wil.

Die reg in subartikel (1) strek nie tot – a) propaganda vir oorlog nie; b) aanhitsing tot dreigende geweld nie; of c) voorspraak van haat wat gebaseer is op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens en aanhitsing wat skade veroorsaak.

Ramabodu se gedrag vandag spreek van haat wat gebaseer is op ras en etnisiteit en hy moet die gevolge vir sy uitbarsting dra.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.