fbpx
Vryheidsfront Plus

Gedragskodes en wette met skuiwergate nutteloos teen staatsamptenare met lang vingers

(Tweede lesingsdebat in parlement: Wysigingswetsontwerp op Openbare Administrasiebestuur)

Nege jaar gelede is ʼn hersiene gedragskode vir staatsamptenare in werking gestel om die soustrein se remme aan te slaan deur te voorkom dat amptenare op enige wyse met die staat sake doen, hetsy in persoonlike hoedanigheid of deur ʼn onderneming.

Dit het só min gehelp om dié weghol-korrupsietrein te keer dat daar nou met die Wysigingswetsontwerp op Openbare Administrasiebestuur gepoog word om amptenare met lang vingers aan bande te lê.

Die probleem is net dat hierdie wetswysiging vele skuiwergate het wat dit maar net so nutteloos as die gedragskode sal maak.

Van werksetiek was daar onder die ANC nog altyd weinig sprake terwyl die staat as werkgewer selfs minder gedoen het om ʼn kultuur van verantwoordbaarheid te skep.

Daar kan ongelukkig ook nie wetgewing gemaak word om goeie werksetiek en eerbaarheid te bevorder nie.

Dít word hoofsaaklik bewerkstellig deur ʼn merietegegronde aanstellingstelsel. Aanstellings moet geskied op grond van ervaring, kwalifikasies en ʼn bewese werkrekord. Nie op grond van politieke verbintenisse nie.

Institusionele werksetiek word verder bevorder deur konsekwente en streng, maar regverdige gevolgebestuur. Indien dit só gedoen word, sal wette nie nodig wees om oneerlike staatsamptenare aan bande te lê nie.

Die grootste skuiwergat in hierdie voorgestelde wetswysiging is dat dit nie sekondêre begunstiging uit sake met die staat verhinder nie.

Daar word byvoorbeeld geen melding van rustende vennote nie. Dit is gewis nie net persone in direkteursposte wat voordeel kan trek uit ʼn onderneming of saketransaksie nie.

Teen hierdie tyd is dit bekend dat die ANC meesters van die gebruik van skuiwergate is. Daar sal altyd ʼn geleentheid gevind word om geld te maak uit die staatskas, hetsy vir persoonlike of partygewin.

Een positiewe aspek van die wetswysiging is dat werknemers van die staat se 42 departemente, waarvan die meeste wankfunksioneel is, onderrig en opleiding van die bestaande nasionale regeringskool sal ontvang. Die rol van dié skool word hierdeur bekragtig.

Nogtans sal geen opleiding of ontwikkeling die huidige staatsdiens omskep in een wat gegrond is op goeie bestuur en behoorlike werksetiek nie. Die skade is net te groot en die verrotting te diep.

Verbetering sal eers moontlik wees wanneer ontslae geraak word van die oneerlikes, van onbevoegde kaders en van politieke inmenging. Opleiding sal niks hieraan verander nie.

Die werklike oplossing is om van die ANC ontslae te raak sodat Suid-Afrika weer herbou kan word deur mense wat vir die land omgee.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER

Switching language?

You've switched the language and there are items in the cart. If you keep the Afr language, the cart will be emptied and you will have to add the items again to the cart.

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.