fbpx
Vryheidsfront Plus

Debat oor provinsiale openingsrede: Mooi woorde gaan nie inwoners van die Oos-Kaap se lewe verbeter nie

Terwyl die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, gespog het oor nuwe inisiatiewe vir die provinsie, was die kliniek by die provinsiale hospitaal in Port Elizabeth gesluit omdat die struktuur onveilig is.

Werkloosheid vier hoogty in die Oos-Kaap, maar die politieke wil ontbreek by die ANC-regering om van sy uitgediende ideologieë en beleidsrigtings af te sien om die provinsie ekonomies te ontsluit.

Van ordentlike gesondheidsorg en onderwys is daar nie sprake nie.

Terwyl die debat gevoer word, is daar kinders wat elke dag hul lewe moet waag om by die skool uit te kom.

Daar is leerders in Tsitsikamma wat hierdie jaar nog nie een dag op die skoolbanke was nie, want iemand het eensydig besluit om die Laerskool Tsitsikamma na ʼn hoër skool te verander.

Die besluit om die skool te omskep van ʼn laer- na ʼn hoërskool, is intussen herroep, maar nou sit die graad 10-leerders by die huis aangesien daar geen klaskamers vir hulle beskikbaar is nie.

Die inwoners plaas hul lewe in gevaar elke keer wanneer hulle by openbare gesondheidsgeriewe in die provinsie aanmeld. Dit voorspel niks goed vir die beplande Nasionale Gesondheidsversekering nie (NGV).

Volgens die premier het die Oos-Kaap meer as 11 400 megawatt wind-, sonkrag-, batteryberging en gas om projekte aan te dryf waarvan die omgewingsimpak-beoordelings reeds geïnisieer of afgehandel is.

Hy weerhou homself egter om die werklike huidige opwekkingsvermoë van hernubare energie in die provinsie te bevestig en of die vereiste infrastruktuur bestaan om die opgewekte hernubare energie na die verbruikers te lei.

Onder die ANC-regering ly munisipaliteite in die provinsie onder finansiële wanbestuur en die ontplooiing van onbevoegde kaders.

Volgens die ouditeur-generaal (OG) bly meer as die helfte van die Oos-Kaap se 39 munisipaliteite in een of ander manier in gebreke. Elf munisipaliteite is totaal wanfunksioneel.

Die premier se openingsrede was maar net nog verkiesingsretoriek gevul met beloftes wat nooit nagekom sal word nie.

Die enigste oplossing is om van die ANC as regering ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.