Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Rand West City-munisipaliteit moet dringend water aan Hillshaven verskaf

Die VF Plus het die Rand West City-plaaslike munisipaliteit versoek om dringend water aan Hillshaven, ʼn voormalige myndorp buite Westonaria, te verskaf. Inwoners van dié dorp is al vir sewe dae sonder water.

Die waterpompe wat Hillshaven en Glenharvie van water voorsien het, het in September verlede jaar onklaar geraak waarna die myn waterpompe aan die munisipaliteit beskikbaar gestel het.

Die myn het egter ná drie weke sy pompe teruggeneem waarna die munisipaliteit substandaard pompe geïnstalleer het.

Dié waterpompe kon nie water aan die sowat 4 000 inwoners van Hillshaven voorsien nie en daar is besluit om ʼn waterskedule in werking te stel om Hillshaven en die aangrensende Glenharvie te bedien.

Die stelsel was ook nie geslaagd nie en water kon net voorsien word aan Glenharvie en nie Hillshaven nie.

Twee watertrokke wat in die oggende na Hillshaven gestuur word, is onvoldoende.

Laerskool Modderfontein in Hillshaven het aangedui dat indien daar nie dringend water aan die skool voorsien word nie, daar geen ander keuse is as om die skool te sluit nie.

Inwoners het Dinsdag buitebande by die munisipaliteit se departement van water gebrand om hul misnoeë met die situasie te kenne te gee.

Rand West City se onbevoegdheid om water aan inwoners te voorsien, grens aan die skending van hul menseregte en moet onmiddellik aangespreek word.

Die VF Plus sal aanhou druk plaas op die munisipaliteit om sy grondwetlike verpligtinge teenoor inwoners na te kom en die dienste te lewer waarvoor daar ten duurste betaal word.

Die inwoners van Hillshaven en Glenharvie kan nie langer soos die stiefkinders van die munisipaliteit behandel word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.