Die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier en Ritchie) is onder skoot van nasionale tesourie (NT) weens jare se verwaarlosing van skuldinvordering.
Met die ter tafellegging van die 2023/24-aansuiweringsbegroting van die munisipaliteit het die NT in samewerking met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika die volgende bevindinge gemaak:
• Die onvermoë om gekwalifiseerde direkteure, bestuurspersoneel en ʼn finansiële hoof aan te stel.
• Die onvermoë om ʼn dissiplinêre raad daar te stel het tot die gebrek aan dissiplinêre bestuur gelei.
• Die onvermoë om skuld in te vorder en die swaar gelaaide personeelstruktuur skep ‘n kontantvloeikrisis en lê die munisipaliteit se vermoë tot kapitaalbesteding en onderhoud aan bande.
• Eskom- en waterraadrekeninge kan ook nie volledig betaal word nie. Die debiteure beloop tans by die R3.7 miljard. Staatsdepartemente maak 21.3% en huishoudings 59.2% van die debiteure uit.
Die verslag wys op ʼn merkbare verswakking in munisipale dienslewering en die finansiële stand van Sol Plaatje.
Die politieke steunwerwing van die ANC en mandate van diegene in die ANC se topbestuur het nou finaal begin om hul wrang vrug af te werp.
Die enigste oplossing is om die ANC uit sy magsposisies te stem en saam met die VF Plus te herstel en bou.