n Nuwe bedeling in Pretoria

Die VF Plus verwelkom die nuwe era wat vir Pretorianers aangebreek het met die verkiesing van Stevens Mokgalapa as nuwe burgemeester. In sy verwelkomingstoespraak het rdl. Sakkie du Plooy die VF Plus se waardering uitgespreek vir die burgemeester se openlike geloofsverklaring en die hoë waarde wat hy heg aan gesonde gesinsverhoudinge. Dit behoort hom in […]
VF Plus veroordeel rommelstrooiery by Hennopsrivier

Die Vryheidsfront Plus spreek neem kennis van ‘n situasie waar ‘n groot volume afvalmateriaal, veral plastiekbottels en polystyreen-verpakkingsmateriaal langs die Hennopsrivier opgaar en sal stappe neem om dit te laat verwyder. Dit skep nie net ‘n slegte beeld van Centurion nie, maar besoedel die rivier insluitende die natuurskoon by Skurweberg wat strek tot by Hartbeespoortdam. […]
VF Plus verbind tot veelparty-regering in Tshwane (Pretoria)

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad ondersteun die burgemeester, Solly Msimanga, se besluit om bewerings van ongerymdhede in die Glad Africa-kontrak waarby die stadsbestuurder, dr. Moeketsi Mosola, betrokke is te laat ondersoek. Die VF Plus sal daarom ook teen die mosie van wantroue stem wat die ANC en EFF in die burgemeester by Donderdag se […]
VF Plus in Gauteng gryp in by Huis Davidsz

Die VF Plus het vanoggend ingryp toe stakende werkers geweier het om vrywilliges van Solidariteit Helpende Hand toe te laat om verswakte bejaardes van Huis Davidsz in Pretoria te versorg. Helpende Hand het Donderdagmiddag laat ‘n dringende hofbevel gekry wat hulle toestemming gee om die tehuis binne te gaan en met die versorging van die […]
Behandeling van Voortrekkers in Tshwane-metroraad is blatante rassisme

Die VF Plus veroordeel die uitsprake van blatante rassisme en rassehaat in die Tshwane-metroraad na aanleiding van die besoek van ‘n groep Voortrekkers aan die raad ten sterkste, sê Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid vir die Tshwane-metroraad. Du Plooy sê die groep Voortrekkers het gevra om ‘n raadsitting by te woon om meer te wete […]
VF Plus gekant teen moskee in Valhalla

Die VF Plus is gekant teen die skenking van ‘n erf vir die bou van ‘n moskee in Valhalla. Die party steun die 2 647 beswaardes in Valhalla wat in 2013 ‘n petisie teen die beoogde skenking by die metroraad ingedien het, sê rdl. Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid in Tshwane-metro. Die burgemeester van Tshwane-metro […]