fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gekant teen moskee in Valhalla

Die VF Plus is gekant teen die skenking van ‘n erf vir die bou van ‘n moskee in Valhalla. Die party steun die 2 647 beswaardes in Valhalla wat in 2013 ‘n petisie teen die beoogde skenking by die metroraad ingedien het, sê rdl. Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid in Tshwane-metro.

Die burgemeester van Tshwane-metro beplan om Dinsdagaand Erf 1989, ter waarde van R2.9 miljoen, aan die Thaba Tshwane Islamic Centre Trust te oorhandig.

“Die VF Plus het gedurende die jongste raadsvergadering beswaar aangeteken teen die skenking omdat die gemeenskap van Valhalla nie behoorlik in die saak geken is nie.”

Raadslid du Plooy het gewys op die onregverdige wyse waarop ‘n openbare vergadering op 21 Augustus 2014 in Thaba Tshwane adverteer is. Die Moslemgemeenskap het weke voor die tyd daarvan geweet en daarom het honderde mense vanuit die moslem-gemeenskap die vergadering bygewoon.

Daarenteen is slegs ‘n paar pamflette ‘n week voor die vergadering op die grense van Valhalla by ‘n busstop uitgedeel. Een van die pamflette het toevallig by een van die beswaardes uitgekom. Selfs die wyksraadslid was nie bewus van die vergadering nie.

Die ANC en DA het tydens die raadsvergadering op 24 Maart 2014 die skenking goedgekeur terwyl die VF Plus die enigste party was wat daarteen gestem het.

Die VF Plus ondersteun veral die derde beswaarpunt van die petisionarisse naamlik hulle aandrang op die gemeenskap se reg om hul bestaande kultuur en leefwyse in Valhalla te handhaaf. Van die beswaarmakers was Indiërs van die gemeenskap wat in Erasmia ondervind het dat inwoners wat nie Moslems is nie stelselmatig uit die gemeenskap verstoot is. Hulle het juis om dié rede na Valhalla verhuis waar hulle deur die gemeenskap aanvaar en in vrede gewoon het.

Die VF Plus ondersteun Valhalla se mense wat met reg aanspraak maak op die handhawing van hul eie kultuur en leefwyse. Baie inwoners woon reeds drie geslagte in die buurt. Die VF Plus stem saam dat hulle die reg daartoe het op grond van Art. 30, 31 en Art. 185 van die Grondwet van Suid Afrika. Valhalla het ‘n inwonertal van ongeveer 11 500 waarvan sowat 70% Afrikaanssprekend is. Hulle is hoofsaaklik Christene en is nie gemaklik met die feit dat ‘n Moslemsentrum opgerig word vanwaar ‘n ander en vreemde kultuur uitgebrei gaan word nie. Die oproep tot gebed vanaf die beplande moskee driemaal ‘n dag gaan alreeds die karakter van die rustige omgewing verander.

 

Tel: 083 448 9473

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.