Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Gauteng gryp in by Huis Davidsz

Die VF Plus het vanoggend ingryp toe stakende werkers geweier het om vrywilliges van Solidariteit Helpende Hand toe te laat om verswakte bejaardes van Huis Davidsz in Pretoria te versorg.

Helpende Hand het Donderdagmiddag laat ‘n dringende hofbevel gekry wat hulle toestemming gee om die tehuis binne te gaan en met die versorging van die bejaardes te help. Stakende werkers het glo na ‘n skorsingskennisgewing wat aan drie van die tehuis se personeel uitgereik is, besluit om ander personeel te belet om die verswaktes te versorg.

Ondanks Helpende Hand se pogings om met stakers te praat, is toegang steeds geweier waarna die VF Plus om hulp genader is.

Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomitee lid in die Tshwane-metroraad, is dadelik na Huis Davidsz en het met onderhandelings begin.

Die situasie was uiters plofbaar en benard. Verswakte bejaardes was onversorg wat ‘n gesondheidsrisiko kon inhou.

Na ure van onderhandeling met Helpende Hand se regslui, EFF-lede en stakers is ingestem om die vrywilligers in die gebou toe te laat.

Stakende personeel het ook ingestem om die staking tydelik te beëindig en het dadelik begin om die tehuis op te ruim.

Die VF Plus kan nie toelaat dat ‘n personeel-dispuut die lewens van bejaardes, waarvan baie verswak is, in gevaar stel nie.

 

Kontaknommer: 083 448 9473

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.