fbpx
Vryheidsfront Plus

Regsfirmas wat Tshwane verteenwoordig onder vergrootglas

Die VF Plus het tydens Ε‰ raadsvergadering van die Tshwane-metroraad gevra dat die gehalte van die eksterne regsfirmas waarvan die metro gebruik maak, onder die vergrootglas geplaas word. DiΓ© versoek kom na aanleiding van Ε‰ verslag van die metro se portefeuljekomitee vir korporatiewe dienste wat op 30 November voor die raad gedien het. Luidens die […]

Residentia-tehuis vir bejaardes in Pretoria ses dae sonder water

Die Tshwane-metroraad se versuim om water te voorsien aan die Residentia-tehuis vir bejaardes in Sunnyside, Pretoria nadat ‘n waterpyp ses dae gelede in die omgewing gebars het, is onaanvaarbaar en mag nie langer geduld word nie. Die situasie is ‘n growwe skending van die menseregte van die 98 bejaarde inwoners, van wie baie verswak is. […]

ANC se strewe na mag belemmer dienslewering in Tshwane-metro

Die volgehoue onaanvaarbare gedrag van die ANC- en EFF-raadslede het gister weer veroorsaak dat die Tshwane-metroraad se diensleweringprosesse gekniehalter word deurdat dié twee partye nie die raadsvergadering bygewoon het nie. Die waarnemende speaker, Zweli Khumalo, het die vergadering belê met die uitsluitlike doel om dienslewering te bespoedig, ‘n nuwe burgemeester aan te wys, die waarnemende […]

ANC-binnegevegte striem vooruitgang van Tshwane-metroraad en benadeel inwoners

Die VF Plus is sterk gekant teen die optrede van raadslede in die Tshwane-metroraad wat weens politieke verdeeldheid telkens die raadsaal verlaat en raadslede wat hul pligte wil uitvoer, verhinder om dit te doen. Die werksaamhede van die Tshwane-metroraad word gekortwiek deur stadsraadsvergaderings wat sedert November verlede jaar telkens deur raadslede van die ANC en […]

VF Plus help met opruim van Ou Raadsaal op Kerkplein

Die VF Plus in Pretoria het Saterdag ingespring en gehelp met die opruim van die Ou Raadsaal op Kerkplein nadat dit gevandaliseer is deur EFF-lede tydens ‘n vergadering. Die VF Plus het ook vergader met bewaringskundiges en ander rolspelers in Pretoria soos die Erfenisstigting oor die opstel van ‘n bewaringsplan om kultuur-historiese geboue, wat deel […]

Vandale wat ou raadsaal op Kerkplein verniel moet betaal

Die VF Plus gaan ‘n klag by die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor sport, rekreasie, kuns en kultuur indien oor die vandalisme van die ou raadsaal op Kerkplein in Pretoria. Volgens inligting was daar ‘n EFF-vergadering verlede Sondag waarna deure, ligte, brandtoerusting, matte en die plafon op die grond-en eerstevloer van die raadsaal beskadig is. […]

VF Plus stem nie saam dat Tshwane-stadsbestuurder nog ‘n maand aanbly

Die omstrede stadsbestuurder van Tshwane, dr. Moeketsie Mosola, se besluit om nie die skikkingsooreenkoms van die Tshwane-metroraad te aanvaar om sy pos dadelik te verlaat nie, laat rooi ligte flikker. Dr. Mosola word onder meer by beweerde onwettige tendertoekennings betrek. Die metroraad het op 25 Julie besluit om sy dienskontrak te beëindig. Gedurende die onderhandelingsproses […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.