fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus stem nie saam dat Tshwane-stadsbestuurder nog ‘n maand aanbly

Die omstrede stadsbestuurder van Tshwane, dr. Moeketsie Mosola, se besluit om nie die skikkingsooreenkoms van die Tshwane-metroraad te aanvaar om sy pos dadelik te verlaat nie, laat rooi ligte flikker.

Dr. Mosola word onder meer by beweerde onwettige tendertoekennings betrek. Die metroraad het op 25 Julie besluit om sy dienskontrak te beëindig. Gedurende die onderhandelingsproses tussen die metroraad en dr. Mosola is ‘n skikkingsooreenkoms bereik. As deel van die ooreenkoms kon hy onmiddellik die diens verlaat, maar hy het besluit om eers vir 'n maand daaroor na te dink.

Indien dr. Mosola toegelaat word om in sy pos aan te bly tot einde Augustus, kan hy sekere prosesse en besluitnemings beïnvloed.

Die VF Plus is van mening dat dr. Mosola dadelik sy pos moet ontruim sodat die proses kan begin om na ‘n geskikte persoon te soek.

Dit is belangrik dat, indien dr. Mosola aan ongerymdhede skuldigbevind word, hy strafregtelik vervolg moet word.

Die VF Plus gaan dringend met die burgemeester vergader ten einde seker te maak dat enige besluite in belang van die inwoners van die stad gemaak word.

 

Kontaknommer: Tel: 083 448 9473

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.