fbpx
Vryheidsfront Plus

Newcastle-munisipaliteit stort in duie terwyl ANC-binnegevegte oor mag en voordele woed

Terwyl ‘n wesenlike krisis die volhoubaarheid van die munisipaliteit van Newcastle bedreig, het bestuursake en besluitnemingsprosesse feitlik tot ‘n stilstand gekom terwyl ANC-faksies mekaar in binnegevegte die stryd aansê ten koste van die dorp en sy inwoners.

Uitvoerende bestuursposte word nie gevul nie en vir die VF Plus is dit duidelik dat feitlik alle prosesse tot stilstand gedwing is deur die onderskeie faksies aangesien die poste wat gevul moet word, gepaard gaan met mag en geld wat gekoppel is aan kontrakte en ander voordele daaraan verbonde.

Die dorp se vorige burgemeester, raadslid Makhosini Nkosi. het aan die begin van die jaar reeds bedank aangesien hy glo nie kans gesien het vir die woelinge en wanbestuur in die munisipaliteit nie.

Die munisipaliteit en raad is sedertdien in absolute wanorde gedompel. Die munisipale bestuurder , Mnr Errol Mswani en die raad is tans in ‘n regstryd gedompel oor bewerings van finansiele ongerymdhede terwyl die nuwe burgemeester, dr. Ntuthuko Mahlaba, enkele maande gelede aangekla is vir moord en hy nie sy amptelike pligte uitvoer nie.

Die onderburgemeester en speaker van die raad, beide ANC-lede, is ná die laaste algemene verkiesing parlement toe gestuur en die poste is nog nie gevul nie.

Die munisipaliteit se haglike geldelike situasie spreek uit die feit dat die munisipaliteit se maandelikse uitgawes tans sy inkomste met sowat R30 miljoen oorskry. Skuld aan Eskom beloop meer as R270miljoen.

Watervermorsing in die informele woongebied het totaal handuit geruk en na raming word meer water in dié gebiede per dag vermors as wat die tradisionele woongebiede per maand gebruik. Dit kom daarop neer dat water, wat van Tugela Water verkry word, verniet weggegee word sonder dat die muinisipaliteit daarvoor vergoed word.

Wat krag, water en dienste aanbetref is die betalings van die informele of oostelike wyke so min as 5% met gemiddeld 28% van die dienste wat daar verbruik word terwyl die dorp se vyf wyke tussen 96- en 98% betaal vir hul dienste.

Veral kommerwekkend is dat geen ag geslaan word nie op die remediërende voorskrifte van die ouditeur-generaal (OG) vir vorige jare, sonder enige gevolge.

Die VF Plus sal aanhou om in samewerking met ander opposisiepartye te volhard in die stryd om die dorp van ondergang te red en om alles in die stryd te werp om die ANC daarop te wys dat die dorp in duie gaan stort indien die situasie nie so gou doenlik beredder word nie.

Navrae: 082 388 3000

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.