Die ANC het verlede week aangekondig dat hy vandeesmaand nog ‘n mosie van wantroue teen burgemeester Herman Mashaba voor die raad gaan bring, wat dui op die desperaatheid van die ANC in Johannesburg.
Die veelparty-koalisie in Johannesburg het in 2017 ‘n forensiese departement gestig om bedrogsake in die munisipaliteit te ondersoek. Die VF Plus het nog altyd dié departement se werksaamhede ondersteun.
Sowat 5 000 sake van bedrog word teen die ANC se vorige administrasie ondersoek wat senior lede op plaaslike-, provinsiale- en selfs parlementêre vlak betrek. Die ondersoeke sny so diep in ANC-geledere dat dié party nou alles in die stryd sal werp om die munisipaliteit onder administrasie te plaas.
Die ANC se verkiesingskoffers in die stad loop tans leeg sedert hulle in 2016 die Johannesburg-metroraad aan die koalisie afgestaan het.
Bogenoemde redes is juis hoekom die ANC weer gaan probeer om die mosie van wantroue teen die nuwe administrasie gedurende ‘n raadsitting te laat goedkeur.
Die VF Plus sal die mosie nie ondersteun nie omdat die skroewe van korrupsie al hoe stywer om die ANC gedraai word. Daar kan nie toegelaat word dat lojale belastingbetalers se geld weer in die ANC se hande beland nie.
Kontaknommer: 082 358 3882