Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vryheidsfront Plus-Limpopo tevrede na voorval waar bejaarde glo in hospitaal mishandel is

Die VF Plus het vandag ondersoek ingestel na die agtergrond rondom ‘n video op sosiale media waar gesien kan word hoe ‘n bejaarde man in die Voortrekker-hospitaal in Potgietersrus (Mokopane) vasgebind aan ‘n pyp op hospitaal se vloer lê.

Die VF Plus het ‘n verrassingsbesoek aan die hospitaal gebring om eerstehands vas te stel wat die situasie rondom die voorval is. Net die persoon se van is bekend.

Die VF Plus is ná die besoek tevrede dat senior personeel van die hospitaal oop kaarte oor die voorval gespeel het. Dit blyk dat die pasiënt, wat baie siek en deurmekaar is, hospitaal toe gebring is nadat hy reeds by die huis van sy bed afgeval het.

Volgens hospitaalpersoneel was hulle bang hy sou verdere beserings opdoen indien hy weer van die bed sou afval en sy matras is op die grond geplaas. Hy is tydelik met ‘n band vasgemaak om te verhinder dat hy rondkruip en is later terug op die bed geplaas nadat hy rustiger geraak het.

Met die VF Plus se besoek vandag was die persoon op ‘n bed wat oorgetrek was met skoon linne. Die VF Plus het ook ander sale besoek en het gevind die hospitaal is verrassend skoon en die personeel hulpvaardig.

Die hospitaal verdien hiervoor ‘n pluimpie aangesien die haglike toestand van staatshospitale goed bekend is

Siek bejaardes is broos en maklike teikens vir mishandeling in veral hospitale en tehuise vir bejaardes. Voorvalle hiervan kom gereeld aan die lig.

Vir die VF Plus lê die kwesbares van die gemeenskap, en selfs diere wat mishandel word, hom na aan die hart en die party sal bly veg teen die mishandeling van mens en dier.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.