fbpx
Vryheidsfront Plus

Vandale wat ou raadsaal op Kerkplein verniel moet betaal

Die VF Plus gaan ‘n klag by die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor sport, rekreasie, kuns en kultuur indien oor die vandalisme van die ou raadsaal op Kerkplein in Pretoria.

Volgens inligting was daar ‘n EFF-vergadering verlede Sondag waarna deure, ligte, brandtoerusting, matte en die plafon op die grond-en eerstevloer van die raadsaal beskadig is. Dit is nog nie duidelik wat die omvang van die skade is nie.

Dit is onaanvaarbaar dat mense ‘n historiese gebou so verwoes. Die raadsaal het die parlement van die ou Suid-Afrikaanse Republiek vanaf 1891 tot 1902 gehuisves.

Hierdie is ‘n ontsaglike belangrike deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en dit is skokkend dat vandale geen ontsag vir die Afrikaner se kultuur-historiese geboue het nie.

Indien hulle nie respek vir die geskiedenis het nie, behoort hulle uit beginsel nie die gebou te huur nie.

Die VF Plus gaan die saak ondersoek en dring daarop aan dat die skuldiges aangekla word en die vir skade moet betaal.

Kontaknommer: 083 448 9473

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.