fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel rommelstrooiery by Hennopsrivier

Die Vryheidsfront Plus spreek neem kennis van ‘n situasie waar ‘n groot volume afvalmateriaal, veral plastiekbottels en polystyreen-verpakkingsmateriaal langs die Hennopsrivier opgaar en sal stappe neem om dit te laat verwyder.

Dit skep nie net ‘n slegte beeld van Centurion nie, maar besoedel die rivier insluitende die natuurskoon by Skurweberg wat strek tot by Hartbeespoortdam.

Hierdie afval het oor die feestyd sowat drie weke gelede daar begin opgaar en is veral sigbaar teen die brûe by Supersportpark en Rabiestraat. Die VF Plus sal druk op die metroraad plaas om dit op te ruim.

Die VF Plus het waardering vir die opruimingswerk wat in die verlede deur mnr. Willem Snyman van die organisasie FRESH in samewerking met vrywilligers gedoen is. Die party steun ook die opruimingsprojek wat FRESH en die gemeenskap op 19 Januarie beplan om vullis by Supersportpark te verwyder.

Die skoonmaak en onderhoud om en in die Hennopsrivier bly steeds die verantwoordelikheid van die Tshwane-metroraad en die VF Plus sal toesien dat die raad sy werk doen.

 

Kontaknommer: 083 448 9473

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.