Poging om gedeeltes van Madibeng by Moses Kotane-munisipaliteit te integreer gestuit
ʼn Veldtog van die VF Plus om te keer dat agtien plase en landelike nedersettings van Brits by die aanliggende Moses Kotane-plaaslike munisipaliteit ingesluit word, het vrug afgewerp. Die munisipale afbakeningsraad het verlede week aangekondig dat die aansoek om die gebiede by Moses Kotane te integreer, afgekeur is. Die VF Plus in Madibeng het in […]
Bojanala-raad steun VF Plus-mosie vir vervolging van amptenare en ampsdraers oor tenderkorrupsie
Die meerderheid raadslede in die Bojanala-distriksmunisipaliteit (Rustenburg, Madibeng en Kgetlengrivier) het Woensdag tydens ʼn raadsvergadering die VF Plus se mosie gesteun dat klagte by die polisie ingedien moet word teen die munisipale bestuurder, Lucky Fourie, en ander hooggeplaastes in die munisipaliteit weens tenderkorrupsie. Die beweerde ongerymdhede het aan die lig gekom nadat ʼn forensiese ondersoek […]
VF Plus verwerp onbefondsde begroting in Madibeng
Die VF Plus in die ANC-beheerde Madibeng-plaaslike munisipaliteit, het gister tydens ʼn raadsvergadering sterk kapsie gemaak teen die aanvaarding van ʼn onbefondsde begroting vir die nuwe finansiële jaar. Die ouditeur-generaal (OG) het reeds vir jare oudit-bevindings oor Madibeng se geldsake weerhou weens onder meer hierdie wanpraktyk. Ten spyte van herhaalde aanmanings van die OG en […]
Hofuitspraak teen Madibeng lui totale verval van eens trotse munisipaliteit in
Die beslagleggingsbevel op die bankrekeninge van die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort en Mooinooi) wat vandag in die Pretoriase hooggeregshof aan Tshwane se metropolitaanse munisipaliteit toegestaan is, kan dienslewering in die gebied finaal in duie laat stort. Die hof het beslis dat Tshwane op Madibeng se bankrekeninge beslag kan lê om ‘n bedrag van R258 miljoen […]
VF Plus stry teen onwettige aanstelling van waarnemende munisipale bestuurder in Madibeng
Die VF Plus in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort en Mooinooi), het die speaker in die munisipale raad, me. Ditshego Mbezi, in ‘n skrywe daarop gewys dat die aanstelling van me. Motlalekgomo Mmope as waarnemende munisipale bestuurder om verskeie redes onreëlmatig is. Hierdie skrywe volg op ‘n chaotiese munisipale raadsvergadering op Vrydag, 8 Julie, waar […]
Madibeng-burgemeester en burgemeesterskomitee verwyder ná suksesvolle mosie van VF Plus
Die ANC-burgemeester van die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort, Mooinooi) Jostina Mothibe, en die burgemeesterskomitee is gister uit hul ampte verwyder ná 'n stemming in die munisipale raad. Hierdie stemming het gevolg nadat die VF Plus in Augustus 2020 'n mosie van wantroue teen die burgemeester ingedien het. Die VF Plus het in die provinsiale regering […]
VF Plus lei suksesvolle loodsing van padherstelprojek by Brits
Die VF Plus in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort, Mooinooi) het verlede week die loodsing van ‘n padherstelprojek deur burgerlike organisasies (AfriForum en Solidariteit Helpende Hand), sakelui, boere en gemeenskapslede in die Brits-omgewing gelei. Die paaie en strate in die omgewing is in ‘n haglike toestand en op sommige plekke bykans onbegaanbaar. Groot skade word […]
VF Plus eis dringende ingryping in Madibeng
Die VF Plus in Madibeng het in ‘n skrywe aan die administrateur van die munisipaliteit, adv. M. Motlogekwa, versoek dat daar dringend en daadwerklik by die munisipaliteit ingegryp word om dienslewering in Brits en Hartebeespoort te herstel. Die agteruitgang en verval van hierdie eens vooruitstrewende dorpe het nou krisisafmetings aangeneem. Die water-infrastruktuur is uitgedien en […]
Dringende ingryping in Madibeng gevra
Dringende ingryping is nodig in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit wat onder andere Brits, Hartbeespoort, Mooinooi en Broederstroom bedien. Die munisipaliteit gaan onder ‘n geweldige diensleweringskrisis gebuk wat net eenvoudig nie langer ten koste van sy inwoners geduld kan word nie. Infrastruktuur vir die lewering van water en elektrisiteit, asook sanitasie- en ander infrastruktuur verkeer in ‘n […]
Slim vang sy baas toe twee gearresteer word wat hul as Madibeng-werkers voordoen
Slim het sy baas gevang toe twee mans Vrydag gearresteer is na die vinnige optrede van Elsa Lourens, VF Plus-raadslid in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Mooinooi, Hartbeespoortdam), asook die polisie en waarnemende direkteur van tegniese en infrastruktuur-aangeleenthede by die munisipaliteit. ‘n Inwoner van Brits het Lourens gekontak nadat ‘n man hom genader het en hom […]