fbpx
Vryheidsfront Plus

Madibeng-burgemeester en burgemeesterskomitee verwyder ná suksesvolle mosie van VF Plus

Die ANC-burgemeester van die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort, Mooinooi) Jostina Mothibe, en die burgemeesterskomitee is gister uit hul ampte verwyder ná 'n stemming in die munisipale raad. Hierdie stemming het gevolg nadat die VF Plus in Augustus 2020 'n mosie van wantroue teen die burgemeester ingedien het.

Die VF Plus het in die provinsiale regering in Noordwes in die onlangse verlede herhaaldelik versoek om by die munisipaliteit in te gryp. Sulke ingrypings het tot dusver geen konkrete resultate opgelewer nie.

Die VF Plus het daarom geen ander keuse gehad nie as om die mosie vir die verwydering van die burgemeester in te dien.

Intussen is die munisipaliteit, wat onder meer Brits en Hartbeespoort bedien, tot op die rand van die afgrond bestuur met gereelde korrupsieskandale en infrastruktuur wat in duie stort.

Van gesonde finansiële bestuur en beplanning was daar geen sprake nie.

Die VF Plus hoop dat hierdie suksesvolle mosie 'n sterk boodskap sal uitstuur na alle munisipale ampsdraers en amptenare dat wanbestuur en korrupsie nie langer geduld sal word nie.

Die VF Plus sal voortgaan om korrupsie en wanbestuur op alle vlakke van regering aan die kaak te stel.

Kiesers moet in die komende plaaslike verkiesing sterk standpunt inneem teen wanbestuur en korrupsie en verseker dat ANC-beheer in munisipaliteite tot ‘n einde kom.

Navrae: 064 ‪664 2060

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.