Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat-regering hou partytjie terwyl Vrystaat verarm

Terwyl dienslewering in die Vrystaat in wese tot stilstand gekom het weens ‘n geweldige geldtekort, het dié provinsie se departement van finansies sowat R1,4 miljoen bestee aan die byeenkoms waartydens die Vrystaatse begrotingstoespraak in Gariep gelewer is.

Die LUR van finansies, Gadija Brown, het self te kenne gegee dat die Vrystaatse ekonomie in ‘n benarde situasie is.

Die VF Plus het verlede jaar die Vrystaatse regering uitgedaag om vermaak, spyseniering, vervoer en die huur van lokale en geriewe in die komende jare te besnoei en die krane vir luukshede toe te draai wanneer die pandemie verby is.

Die Vrystaatse regering het egter nie hieraan gehoor gegee nie en gaan voort met sy onverantwoordelike spandabelrigheid. Sowat R66 000 is net aan spyseniering bestee vir dié geleentheid en R1,3 miljoen is aan ‘n maatskappy betaal vir ‘bemarking’ van die byeenkoms.

Die byeenkoms het in werklikheid boonop veel meer as die R1,4 miljoen gekos, aangesien die Vrystaatse wetgewer en ander departemente pa gestaan het vir kostes soos verblyf van wetgewerlede en amptenare en ander verwante kostes.

Die VF Plus is van mening dat die byeenkoms effektiewelik niks moes kos nie, omdat dit in die Vierde Raadsaal in Bloemfontein gehou kon word.

Die Vrystaat kan dit nie bekostig om ‘n sent verder aan luukshede te bestee nie. Broodnodige fondse moet eerder verantwoordelik aangewend word om die mense van die Vrystaat te dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.