fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus moedig inwoners van Tshwane-metro aan om kommentaar te lewer op voorgestelde 2021/22-begroting

Die VF Plus het inwoners van die Tshwane-metroraad genooi om kommentaar te lewer oor die voorgestelde 2021/2022-begroting wat tans op die metro se webtuiste beskikbaar is.

Die begroting is onderhewig aan ‘n openbare deelnameproses waar die publiek ‘n geleentheid gegun word om hul insette te lewer voordat die begroting deur die metroraad goedgekeur kan word.

Die dokumente is beskikbaar by www.tshwane.gov.za.

Inwoners wat nie toegang tot die internet het nie, kan hul naaste biblioteek besoek. Die inligting is ook in plaaslike koerante, op radiostasies en sosiale media beskikbaar.

Weens Covid-19-inperkings mag geen openbare vergaderings plaasvind nie.

Geskrewe kommentaar rakende die dokument kan by die ontvangstoonbank in Tshwane Huis afgelewer word of kan elektronies gestuur word aan stephanib@tshwane.gov.za.

Kommentare moet die metroraad nie later nie as 30 April 2021 bereik.

Die VF Plus sal bykomende insette lewer, veral rondom kostebesparings en hoe om waarde vir geld te bevorder.

Navrae: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.