Ons, die ondergetekende inwoners van die Tshwane-metro, verwerp die onregmatige en wanordelike toepassing van die sogenaamde skoonmaakheffing. Die metro hef rekeninge foutiewelik, met dubbeltariewe en onregverdige kostes op persoonlike én besigheidsrekeninge — sonder enige geldige grondslag.
Hierdie is nie dienslewering nie, maar grens aan finansiële wanpraktyk en boelie-taktiek teen onskuldige verbruikers wat reeds onder druk verkeer.
Die VF Plus steun regsaksie, openbare verset en georganiseerde weerstand teen dié skandelike praktyke.
Ons eis onmiddellike:
- Opskorting van die heffing totdat wetlike prosesse en openbare deelname behoorlik afgehandel is.
- Eis dat alle foutiewe rekeninge onverwyld reggestel word, met terugbetaling van onregmatig gehefde bedrae.
- Volledige deursigtigheid oor die berekening, toepassing en regverdigheid van die tariewe.
- Rekenskap van die wanfunksionele ANC-, EFF- en ActionSA-koalisie wat Tshwane se administrasie tot wanorde gebring het.
Laat jou handtekening ‘n duidelike protes wees teen onbevoegdheid, misleiding, boelie-taktiek en finansiële wanadministrasie.
STOP onregmatige skoonmaakheffing – Eis rekenskap van die Tshwane-metro!
"*" indicates required fields


