Ons, die ondergetekende inwoners en belastingbetalers van die Johannesburg-metro dien hiermee hierdie versoeksrif in. Dit is in belang van ons gemeenskap en die billike gebruik van openbare fondse.
Ons bekommernisse:
1. Die voortdurende verwaarlosing van paaie is duidelik sigbaar in die talle slaggate wat onveilige bestuurstoestande regoor die stad skep.
2. Die vinnige agteruitgang van munisipale infrastruktuur, insluitend straatligte, verkeersligte, stormwaterstelsels en water- en elektrisiteitsinfrastruktuur.
3. Die wantoewysing en misbruik van fondse wat eerder aangewend moet word aan infrastruktuur instandhouding in belastingbetalende wyke.
4. Die versuim om te verseker dat begrote fondse uitsluitlik bestee word aan die projekte waarvoor dit toegeken is.
Ons eise:
Ons, as burgers en belastingbetalers, eis dat die stad Johannesburg:
1. Prioritiseer, slaggate herstel en onveilige paaie regoor die metro. Behoorlike instandhouding van alle water- en elektrisiteitsinfrastruktuur is belangrik.
2. Ken begrotings regverdig en billik toe om te verseker dat belastingbetalende wyke behoorlike instandhouding en dienslewering ontvang.
3. Implementeer deursigtige en verantwoordbare meganismes om te verseker dat fondse slegs aan goedgekeurde en begrote projekte bestee word.
4. Verbind u tot langtermyn-instandhoudingsplan wat voorkom dat infrastruktuur ’n krisistoestand bereik.
Ons verbintenis:
As verantwoordelike burgers betaal ons belasting met die verwagting dat die stad sy grondwetlike mandaat van dienslewering en infrastruktuurinstandhouding sal nakom.
Ons eis dringende regstellende optrede om te verseker dat Johannesburg nie aanhou agteruitgaan weens wanbestuur en verwaarlosing nie. Deur hierdie versoekskrif te onderteken, erken ek dat hierdie versoekskrif ’n openbare dokument sal word en al die inligting daarin aan die publiek beskikbaar gestel sal word.
"*" indicates required fields


