fbpx
Vryheidsfront Plus

Stop die voorgestelde herafbakening om Heilbron by die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit te voeg

Die provinsiale staatskoerant nr. 83, gedateer 12 Januarie 2024 het betrekking.

Hiermee teken ek ten sterkste beswaar aan teen die voorgenome herafbakening wat tot gevolg sal hê dat (DEM6770) Heilbron, Phiritona en omliggende plase van die Ngwathe plaaslike-munisipaliteit (FS203) verwyder en by die Metsimaholo plaaslike-munisipaliteit (FS204) gevoeg sal word.

Die voorgestelde herafbakening gaan nie dienslewering in dorpe verbeter nie, maar eerder verswak.

Die gebied wat tans deur die Metsimaholo-plaaslike-munisipaliteit bedien word, is reeds buitensporig groot.

Kleiner, meer afgeleë dorpe, soos Deneysville en Oranjeville, gaan reeds gebuk onder swakker dienslewering as Sasolburg, waar die munisipale kantore geleë is.

Die herafbakening gaan tot gevolg hê dat die diensleweringsgebied van die Metsimaholo-munisipaliteit vergroot en dat die reeds gebrekkige hulpbronne tot hierdie munisipaliteit se beskikking nog verder gerek sal moet word.

Moontlike bykomende fondse wat die munisipaliteit van Heilbron gaan kry ingevolge die herafbakening sal ook nie noodwendig aangewend word tot voordeel van die gemeenskap van Heilbron nie. Die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit is ‘n sukkelende entiteit wat nie daarin kan slaag om sy eie fondse behoorlik in sy eie munisipale gebied te bestee nie.

Deur die insluiting van Heilbron en omliggende dele sal die finansiële las op Metsimaholo vergroot word, met die gevolg dat Heilbron en die dorpe in Metsimaholo afgeskeep sal word en dienslewering nog meer agteruit sal gaan.

Ek die ondergetekende, teken hiermee beswaar aan teen die voorgestelde herafbakening om Heilbron, Phiritona en omliggende plase by die Metsimaholo plaaslike-munisipaliteit te voeg, weens die bogenoemde redes.

Aanvaar asseblief my formele beswaar hiermee.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.