Ons, die ondergetekende inwoners van die Saldanhabaai-munisipale gebied, steun die VF Plus se formele beswaar teen die nuwe eiendomswaardasies soos vervat in die munisipaliteit se waardasierol vir die periode 1 Julie 2026 tot 30 Junie 2030.
Ons glo dat:
- Die waardasies buitensporig verhoog is en nie die werklike markwaarde weerspieël nie.
- Die berekenings en metodologie nie deursigtig is nie.
- Hierdie verhogings ’n onregverdige finansiële las op huishoudings en ondernemings plaas, met negatiewe gevolge vir werksgeleenthede en plaaslike ekonomiese groei.
Ons eis:
- Volledige deursigtigheid van alle berekenings en kriteria.
- ’n Onafhanklike hersiening van alle waardasies.
- Billike en regverdige toepassing wat die werklike marktoestande weerspieël.
Hierdie petisie vervang nie die amptelike beswaar wat ’n eienaar ingevolge artikel 49 van die Munisipale Wet op Eiendomsbelasting by die Munisipale Bestuurder kan indien nie. Die VF Plus raai alle eienaars van vaste eiendom aan om bykomend tot hierdie petisie ook individueel beswaar aan te teken.
"*" indicates required fields


