VF Plus dien dringende petisie by NRP in oor Landbank-krisis

Die VF Plus het vandag ’n formele petisie aan die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) en die betrokke gekose komitees oorhandig rakende die Land- en Landbou-ontwikkelingsbank van Suid-Afrika (Landbank) se omstrede skuldinvorderingspraktyke. Kobus van den Berg, VF Plus-LP en lid van die gekose komitee oor landbou, grondhervorming en minerale bronne het die […]
Saldanhabaai-munisipale gebied: Stop buitensporige eiendomswaardasies!

Ons, die ondergetekende inwoners van die Saldanhabaai-munisipale gebied, steun die VF Plus se formele beswaar teen die nuwe eiendomswaardasies soos vervat in die munisipaliteit se waardasierol vir die periode 1 Julie 2026 tot 30 Junie 2030. Ons glo dat: Ons eis: Hierdie petisie vervang nie die amptelike beswaar wat ’n eienaar ingevolge artikel 49 van […]
Versoekskrif vir die rehabilitasie van riviere geraak deur aanhoudende rioolstorting deur die Mogale City-plaaslike munisipaliteit

AAN: Die uitvoerende burgemeester, Mogale City-plaaslike munisipaliteit Gemeenskapsentrum, Krugersdorp EN Die agbare LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Gauteng-provinsiale regering EN Die agbare minister van water en sanitasie, Republiek van Suid-Afrika VAN: Besorgde inwoners, sake-eienaars, omgewingsorganisasies en grondeienaars van Mogale City en omliggende gebiede ONDERWERP: Versoek vir onmiddellike ingryping en rehabilitasie van riviere geraak […]
JOHANNESBURG-METRO: Herstel van slaggate, verkrummelende infrastruktuur en behoorlike begrotingstoewysing

Ons, die ondergetekende inwoners en belastingbetalers van die Johannesburg-metro dien hiermee hierdie versoeksrif in. Dit is in belang van ons gemeenskap en die billike gebruik van openbare fondse. Ons bekommernisse: 1. Die voortdurende verwaarlosing van paaie is duidelik sigbaar in die talle slaggate wat onveilige bestuurstoestande regoor die stad skep. 2. Die vinnige agteruitgang van munisipale […]
STOP onregmatige skoonmaakheffing – Eis rekenskap van die Tshwane-metro!

Ons, die ondergetekende inwoners van die Tshwane-metro, verwerp die onregmatige en wanordelike toepassing van die sogenaamde skoonmaakheffing. Die metro hef rekeninge foutiewelik, met dubbeltariewe en onregverdige kostes op persoonlike én besigheidsrekeninge — sonder enige geldige grondslag. Hierdie is nie dienslewering nie, maar grens aan finansiële wanpraktyk en boelie-taktiek teen onskuldige verbruikers wat reeds onder druk […]
Verklaar plaaslike ramptoestand in Streek 4 (Stad Tshwane) weens wydverspreide sinkgate

Ons, die ondergetekendes, versoek hiermee die volgende van die Speaker van die Stad Tshwane-raad: Deur hierdie petisie te onderteken, erken ek dat dit ’n openbare dokument sal word en dat al die inligting daarin vervat vir die publiek beskikbaar sal wees.
Heropen Hillcrest-swembad in Pretoria-Oos

Ons het u hulp nodig! Teken asseblief die petisie om die Hillcrest-swembad in Pretoria-Oos te heropen. Elke stem tel. Deel asseblief hierdie skakel met u vriende en familie. Kom ons herstel en bou!
Beswaar teen Emfuleni se voorgestelde begroting en tariefverhogings vir 2025/26

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit teken hiermee formeel beswaar aan teen die voorgestelde begroting en tariefverhogings vir 2025/26 soos uiteengesit in die openbare kennisgewing gedateer April 2025. Die party neem sterk standpunt in teen die voorgestelde tariefverhogings, veral die buitensporige 15,3% verhoging in watertariewe en die 10,74% elektrisiteitstariefverhoging. In die lig […]
Stop die voorgestelde verhoging van 11% op die watertarief in die Mangaung-metromunisipaliteit

Ek, as inwoner van die metro, maak beswaar teen die voorgestelde verhoging van 11%. Hierdie verhoging is aansienlik hoër as die huidige inflasiekoers van 3,2% en gaan water onbekostigbaar maak.
Stop die straatnaamveranderings in Mbombela

Die munisipale prosesse vir die hernoeming van straatname in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) het weer afgeskop. Die tydsberekening van hierdie skielike skuif om name te verander, is net ‘n verkiesingsfoefie om ou wonde te heropen en die ANC se boodskap van kwansynse bevryding tuis te dryf. Op 22 Februarie 2022 […]