Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Heropen Hillcrest-swembad in Pretoria-Oos

Ons het u hulp nodig! Teken asseblief die petisie om die Hillcrest-swembad in Pretoria-Oos te heropen. Elke stem tel. Deel asseblief hierdie skakel met u vriende en familie. Kom ons herstel en bou!

Beswaar teen Emfuleni se voorgestelde begroting en tariefverhogings vir 2025/26

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit teken hiermee formeel beswaar aan teen die voorgestelde begroting en tariefverhogings vir 2025/26 soos uiteengesit in die openbare kennisgewing gedateer April 2025. Die party neem sterk standpunt in teen die voorgestelde tariefverhogings, veral die buitensporige 15,3% verhoging in watertariewe en die 10,74% elektrisiteitstariefverhoging. In die lig […]

Stop die straatnaamveranderings in Mbombela

Die munisipale prosesse vir die hernoeming van straatname in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) het weer afgeskop. Die tydsberekening van hierdie skielike skuif om name te verander, is net ‘n verkiesingsfoefie om ou wonde te heropen en die ANC se boodskap van kwansynse bevryding tuis te dryf. Op 22 Februarie 2022 […]

Stop die voorgestelde herafbakening om Heilbron by die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit te voeg

Die provinsiale staatskoerant nr. 83, gedateer 12 Januarie 2024 het betrekking. Hiermee teken ek ten sterkste beswaar aan teen die voorgenome herafbakening wat tot gevolg sal hê dat (DEM6770) Heilbron, Phiritona en omliggende plase van die Ngwathe plaaslike-munisipaliteit (FS203) verwyder en by die Metsimaholo plaaslike-munisipaliteit (FS204) gevoeg sal word. Die voorgestelde herafbakening gaan nie dienslewering […]

Nee vir die NGV

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is moontlik ongrondwetlik en gaan jou ontneem van jou basiese reg tot gesondheidsorg. Dit is nou tyd om op te staan en om hierdie voorgestelde stelsel te verwerp. Maak die VF Plus se hande sterker en onderteken die volgende petisie. Ek, ondertekende, beskou die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering as ‘n skending […]

Stop die onbillike heffing van tolgelde op motorfietse

Motorfietse beslaan baie minder ryvlak en daarom is die tolgeld wat tans gehef word, nie in verhouding nie en irrasioneel. Ek, die ondertekenaar, beskou die praktyk waar dieselfde hoeveelheid tolgeld op motorfietse as op motorvoertuie gehef word, as onbillik.

Jackaroo Park Mynbou-aktiwiteite

Jackaroo Park het jou handtekening nodig om die voorgenome mynbou-aktiwiteite naby ons woonbuurt stop te sit. Bemagtig jouself en beskerm jou regte – TEKEN DIE PETISIE! Ek, die ondergetekende inwoner van die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit, is gekant teen die nuwe voorgestelde mynwerf op die Gedeelte 25 van die plaas Blesboklaagte Gedeelte 296 JS. Die nabyheid van […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.