Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Beswaar teen Emfuleni se voorgestelde begroting en tariefverhogings vir 2025/26

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit teken hiermee formeel beswaar aan teen die voorgestelde begroting en tariefverhogings vir 2025/26 soos uiteengesit in die openbare kennisgewing gedateer April 2025.


Die party neem sterk standpunt in teen die voorgestelde tariefverhogings, veral die buitensporige 15,3% verhoging in watertariewe en die 10,74% elektrisiteitstariefverhoging. In die lig van die munisipaliteit se huidige swak dienslewering kan hierdie verhogings nie geregverdig word nie.


Inwoners ly voortdurend onder:
•⁠ ⁠gereelde krag- en wateronderbrekings;
•⁠ ⁠gebrekkige vullisverwydering en rioolbestuur;
•⁠ ⁠die verval van padinfrastruktuur; en
•⁠ ⁠ʼn tekort aan deursigtigheid deur die munisipaliteit.


Dit is onaanvaarbaar om tariefverhogings wat die inflasiekoers oorskry, in te stel terwyl voortdurende diensleweringsprobleme nie opgelos word nie. Tariefverhogings behoort hand aan hand te gaan met verbeterde dienslewering en verantwoordbaarheid – en moenie gebruik word om onbevoegdheid en finansiële wanbestuur te probeer regstel nie.


Boonop sukkel baie huishoudings alreeds om hulle basiese lewensonkoste te dek. Die voorgestelde verhogings gaan net meer finansiële druk op inwoners plaas, veral weerlose gemeenskappe en pensionarisse.


Ons versoek die munisipaliteit om:
1.⁠ ⁠die voorgestelde tariefverhogings te heroorweeg en realisties te belyn met die huidige ekonomiese klimaat en vlak van dienslewering;
2.⁠ ⁠ʼn omvattende en deursigtige oorsig van besteding en inkomste-invordering te doen;
3.⁠ ⁠eers diensleweringsprobleme op te los en openbare vertroue te herstel voordat daar ʼn verdere finansiële las op inwoners geplaas word.

Objection to Emfuleni’s proposed 2025/26 budget and tariff increases

"*" indicates required fields

Name*
Toestemming tot kommunikasie en vertroulikheid van inligting:*
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.