fbpx
Vryheidsfront Plus

Zuma moet nou aan die wit mense van Suid-Afrika sê waar hulle met hom staan

President Jacob Zuma en sy regering het die droom van 1995 se reënboognasie vernietig en met sy voortdurende aanvalle op wittes skep hy ook groot rassewrywing. Die tyd het daarom aangebreek dat hy vir die wit mense van die land sê presies waar hulle met hom staan, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag met die begrotingsposdebat van die staatspresident gesê daar was ‘n groot welwillendheid aan die kant van wittes om die land te help bou vir die toekoms en om hul bydraes te lewe om Suid-Afrika ‘n beter plek te maak.

Hy sê dit is nie gedoen met arrogansie of die verwagting vir bevoorregting of beter as die res van die bevolking behandel te word nie.

"Maar 'n groot ontnugtering het nou ingetree. Artikel 83(c) van die Grondwet bepaal dat die president eenheid in die land moet bewerkstellig. Maar hy doen dit nie, Hy sê die probleme in die land het begin toe Jan van Riebeeck hier geland het in 1652. Dat wit monopolie is wat die land se probleme veroorsaak.

"Hy vertel veral die swart mense gereeld dat dit sleg met hulle gaan, dat hulle arm is en nie werk het nie en dat hierdie ongelykheid wittes se skuld is omdat hulle die grond gesteel het.

"Die minister vir sosiale ontwikkeling gee selfs vir wit joernaliste die skuld vir die probleme by Sassa. Dan moet hy nie verbaas wees as die premier van Noordwes die tragiese voorval by Coligny in ‘n rassevoorval verander deur te sê wit boere het die swart seun vermoor nie.

"Is daar geen respek meer vir die reg nie? Ek sê vandag aan die president dat hy rassespanning in Suid-Afrika veroorsaak.

"Ek wil herhaal dat die wit mense van Suid-Afrika nie vra vir spesiale behandeling nie. Al wat hulle vra is gelyke regte en gelyke behandeling.

"Die president moet more in sy antwoord aan die wit mense sê wat moet die wittes doen om hom tevrede te stel dat hulle ‘n bydrae lewer om die land te laat werk. Ons vra nie ‘n geskiedenisles nie. Ons ken dit. Hy moet sê wat hy wil hê die wittes moet doen om deel te word van die nuwe Suid-Afrika.

"Laat hy een keer in sy lewe eerlik hieroor wees," het dr. Groenewald gesê.

 

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.