fbpx
Vryheidsfront Plus

Zuma moes vroeër opgetree het teen Manana

Die VF Plus verwelkom die besluit van die adjunkminister van hoër onderwys , Mduduzi Manana, om te bedank na ‘n voorval in Fourways waar hy ‘n vrou aangerand het, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê dit is nogtans betreurenswaardig dat pres. Jacob Zuma nie dadelik opgetree het en hom onmiddellik afgedank het nie, maar dat hy gewag het tot Manana self bedank.

“Zuma was vinnig om sy minister van finansies te vervang omdat hy nie na sy pype gedans het nie, maar hier waar hy ‘n sterk boodskap kon uitstuur dat geweld teen vroue en kinders onaanvaarbaar is, het hy weereens gefaal en sy optrede bewys dat hy nie ernstig is in die bekamping van geweld teen vroue en kinders nie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.