Die barbaarse wreedheid waarmee kwesbare slagoffers op plase en kleinhoewes aangeval, gemartel en in baie gevalle vermoor word, wek ernstige kommer, het Michal Groenewald, VF Plus leier in Noordwes, na die wreedaardige aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul kleinhoewe buite Potchefstroom Donderdag, gesê.
“Dit is nog meer kommerwekkend dat baie van hierdie slagoffers bejaard is. Booswigte teiken kwesbare lede van ons samelewing, waarskynlik omdat dit makliker is om hulle te oorrompel en te beroof, maar die moord en marteling van sulke teikens dui op ‘n bose, barbaarse en onmenslike ondertoon aan hierdie tipe aanvalle.
“Die regerende party staan nie onskuldig in hierdie geval nie. Hul aanhoudende rasse-retoriek en bangmaakstories oor witmense blaas hierdie tipe misdaad aan.
“Die VF Plus doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulself weerbaar te maak teen sulke boosdoeners,” het Groenewald gesê.
Kontakbesonderhede: 079 409 8342