Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Zuma bewys presidensiële straler is onnodig

President Jacob Zuma se gebruikmaking van ‘n kommersiële vlug van die SAL na New York is ‘n bewys dat Suid-Afrika nie ‘n presidensiële straler hoef aan te skaf nie,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor verdediging.

Volgens dr. Groenewald het pres. Zuma self gesê hy het baie goeie diens ontvang en die feit dat hy kommersieel gevlieg het, trek ‘n streep deur al die argumente van veiligheid, betroubaarheid en beskikbaarheid wat gebruik word vir die regverdiging van ‘n afsonderlike presidensiële straler.

“Dit is duidelik dat pres. Zuma elke keer van kommersiële vlugte gebruik kan maak wat baie goedkoper is vir die belastingbetaler.

“Die gebruikmaking van kommersiële vlugte bedreig dus geensins sy veiligheid nie en is meer betroubaar as die Inkwazi wat glo te veel probleme gee.

“Die VF Plus doen dus ‘n beroep op pres. Zuma om voortaan van kommersiële vlugte gebruik te maak en enige uitgawes vir huurvlugte of die aankoop van ‘n presidensiële straler dadelik te staak,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.