Die Demokratiese Alliansie se VSR-kandidaat, Diana-Lee De Sousa Moniz, erken dat dié party ten gunste is van die #AfrikaansMustFall-veldtog. Moniz is DASO se kandidaat vir bemarking, media en kommunikasie vir die komende Tukkies-studenteraadverkiesing wat Dinsdag (20 September) plaasvind.
Die VF Plus se jeugleier in Gauteng, Jean Kriek, het dié uitspraak sterk veroordeel. “Dit is teleurstellend dat DASO in hul Tuks-verkiesingsvideo spog oor hoe hulle ‘n studente organisasie vir almal is en dan net voor die verkiesing sê dat Afrikaans moet val. Dit is natuurlik om stemme van die ANC (SASCO) en die EFF weg te neem.
Afrikaans word tans reg oor Suid-Afrika aangeval en verwyder as onderrigtaal. Om dit as ‘n politieke wipplank te gebruik, is uiters onverantwoordelik en bots met die Suid-Afrikaanse Grondwet. Ons dring daarop aan dat DASO onmiddellik die uitspraak deur Moniz terugtrek.
Die VF Plus-jeug in Gauteng het ook hul lede en ondersteuners op kampus gevra om AfriForum-jeug te ondersteun tydens die VSR-verkiesing wat Dinsdag tussen 07:00-19:00 plaasvind.
Jean Kriek
Tel: 079 224 7321


