Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Gesondheid Ombudsman se ingryping by Gauteng Departement

Die VF Plus het die Gesondheid Ombudsman se ingryping by die Departement van Gesondheid in Gauteng verwelkom.

Dit volg nadat die LUR van Gesondheid in Gauteng, Qedani Mahlangu, die afgelope week tydens ‘n sitting van die Gauteng Wetgewer, erken het dat 36 psigiatriese pasiënte gesterf nadat hulle verskuif is vanaf die Life Esidimeni psigiatriese inrigtings na verskeie nie-regeringsorganisasies. Die Departement het besluit om die pasiënte te skuif omrede die Department nie meer die pasiënte se versorging kon bekostig nie.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, Mnr. Philip van Staden, het in reaksie hierop gesê dat die party die nasionale Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se aankondiging vanoggend verwelkom en dat die Ombudsman oor Gesondheid nou by Gauteng se departement gaan ingryp en ‘n ondersoek gaan loods rondom die 36 pasiënte se sterftes.

“Dit is jammer dat ‘n klomp pasiënte op een slag moes sterf voordat die nasionale Minister ingryp. Die VF Plus is al ‘n jaar besig met ‘n intensiewe ondersoek rondom ongewone sterftes wat in staats-hospitale in Gauteng plaasvind. Ons het ook reeds verskeie klagtes vanaf die publiek hieroor ontvang. Dit word intensief ondersoek. “

Van Staden het genoem dat die VF Plus voortgaan met sy eie ondersoek rondom die Departement en dat die party dit sterk oorweeg om kriminele klagtes teen die LUR van Gesondheid in Gauteng by die owerhede in te dien. In die afgelope jaar het nie minder nie as drie psigiatriese pasiënte by die South Rand hospitaal in Johannesburg na hul dood gespring. Die LUR het intussen vangnette rondom die hospitaal laat aanbring.

“Die VF Plus is tans besig om alle staats-hospitale in Gauteng te besoek en verskeie lede van die publiek het reeds beedigde verklarings by ons ingehandig waar familielede weens snaakse omstandighede in hierdie hospitale in Gauteng afgesterf het. Dit is tyd dat die LUR van Gesondheid in Gauteng verantwoordelik gehou word vir haar dade.”

 

 

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.