fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Reddings-aksie by SAL moet by die basiese begin

Die grootste uitdaging by die SAL in ‘n poging om die redery van ondergang te red, is hoe om ontslae te raak van die voorsitter van sy direksie, me. Dudu Myeni, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.

Dr. Groenewald het vandag met die parlementêre debat oor die SAL se probleme gesê die lugvaartbedryf is ‘n hoogs gespesialiseerde bedryf. Kundige persone is allerbelangrik om daarin te oorleef. In hierdie opsig faal die redery jammerlik. Hier volg dr. Groenewald se volledige toespraak:

“Sedert 2005 was daar al tien omkeer-strategieë by die SAL. Die minister van finansies het nou net weer R5 miljard as waarborg vir die SAL toegestaan, maar met elf voorwaardes. Die voorwaardes is inderwaarheid eintlik net nog ‘n omkeer-strategie. Dit beteken dat daar nou al elf omkeer-strategieë in die afgelope elf jaar was.

“Waarom werk dit nie. Dit is omdat daar sedert 2005 al agt hoof-uitvoerende beamptes by die SAL was. In dieselfde tydperk was daar ses finansiële bestuurders. Geen maatskappy in ‘n hoogs kompeterende omgewing kan op hierdie manier oorleef nie.

“In 2012 was die bedryfsverlies byna R1,3 miljard. In 2014 het dit opgeskiet tot R4,6 miljard. Nou hoor ons weer van ‘n R4 miljard verlies. Sedert 1999 het die regering deur die belastingbetaler reeds R30 miljard vir die SAL gegee om te oorleef.

“Enige omkeerstrategie sal egter by die basiese dinge moet begin. Daar waar kontak gemaak word met die passasiers.

“Van die oomblik dat ‘n mens by die SAL se inweegtoonbank kom, kry jy die indruk die personeel doen jou eintlik ‘n groot guns om jou te bedien. En as daar ‘n probleem is, is dit jou eie probleem. Die regruk-aksie sal hier moet begin, by die basiese,” het dr. Groenewald gesê.

 

Vir verdere navrae: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.