Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Huur van straler vir Zuma is verkwiste uitgawe – OG gevra vir ondersoek

 “Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me Nosisiwe Mapisa-Nqakula, se verklaring in antwoord op ‘n vraag in die parlement, dat R100 miljoen begroot word vir die huur van ‘n straler om vanaf 1 November 2016 pres. Zuma te vervoer, is verkwisting van belastingbetalers se geld en daarom die oortreding van finansiële wetgewing,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging van die Vryheidsfront Plus.

“Die SANW beskik tans oor ‘n geskikte straler, Inkwazi, wat spesifiek vir die vervoer van die president aangekoop is. Die straler is ten volle operasioneel en is beskikbaar vir gebruik. Hierdie straler word egter nie meer gebruik vir die president nie, aangesien hy laat blyk het dat hy nie in die straler wil vlieg nie.

“Omdat daar niks fout is met Inkwazi nie, beskou ek die R100 miljoen wat nou ekstra begroot word as ‘n verkwisting van belastinggeld. Dit is ‘n oortreding van finansiële wetgewing en daarom het ek die ouditeur-generaal versoek om dadelik ondersoek in te stel en die spandering van die R100 miljoen te stop. Daar kan nie van belastingbetalers verwag word om op te dok vir die grille en giere van Zuma nie,” sê Groenewald.

 

Vir verdere navrae: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.