fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC moet vir eens die regte ding doen deur ondersoek na staatskaping te steun

Ongeag die ware feite kan dit kan nie weggeredeneer nie word dat daar ‘n sterk persepsie onder die publiek van Suid-Afrika bestaan dat die ANC-regering in ‘n staat van kaping is en ‘n parlementêre ondersoek hieroor is daarom allerbelangrik, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het met die debat oor bewerings van staatskaping deur sekere persone gesê dit is onverstaanbaar dat die ANC weereens die verkeerde besluit oor ‘n allerbelangrike saak neem.

“Die realiteit is dat ons enige situasie van die laaste paar jaar kan neem en die feite voor jou plaas. Vra dan die vraag was is presies die verkeerde manier om op te tree en jy sal vind dat die ANC dit doen.

“Waarom doen die regerende party dit? Ook in hierdie geval is dit tog in die ANC se eie belang om die voorstel vir ‘n ondersoek te aanvaar. Die ANC sal die meerderheid op so ‘n ad hoc-komitee hê. Waarom stel hy nie daarin belang om die waarheid uit te vind nie?

“In die laaste munisipale verkiesing was dit duidelik dat die publiek die ANC gestraf het. Die ANC het na die verkiesing self erken die publiek sien hom as arrogant en dat die party nie na die mense luister nie.

“In hierdie geval is dit weereens duidelik dat ‘n persepsie by die publiek bestaan, en die ANC het nou die geleentheid om die regte ding te doen en so ‘n komitee te steun.

“Deur dit teen te staan, sal die boodskap hard en duidelik aan die publiek gestuur word dat die ANC juis die mense probeer beskerm wat by die staatskaping betrek word.

“Dit sal nie net vir die ANC nadelig wees nie, maar ook vir die publiek van Suid-Afrika. Skrik wakker en doen vir eens die regte ding,” het dr. Mulder aan die ANC-parlementslede gesê.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.