Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Wysigings aan Kaapstad se verkeersverordeninge kan lewens red

Die statistieke van botsings en sterftes op Kaapstad se paaie bly kommerwekkend hoog en daarom verwelkom die VF Plus die wysigings aan die verkeersverordeninge wat op ‘n raadsvergadering van die Stad Kaapstad goedgekeur is.

Luidens ʼn Sanral-verslag word jaarliks tussen 700 en 750 sterftes op die stad se paaie aangeteken. Dit is buiten die meer as 65 000 aangemelde motorongelukke per jaar. Die VF Plus vergader maandeliks met verteenwoordigers van Sanral.

Die wysigings sluit onder meer in:
• Gemagtigde beamptes sal voertuie sonder kennisgewing kan skut indien voertuie by onwettige straatwedrenne of gevaarlike bestuur betrokke is.
• Voertuie kan geskut word indien die bestuurder sonder ’n geldige rybewys bestuur, onder die invloed is, nie stop wanneer beamptes dit vereis nie, of indien die voertuig verkeer of noodtoegang belemmer.
• Gevaarlike bestuursoptredes soos om op die skouer van ‘n pad te ry, in ‘n aankomende verkeersbaan te ry, verkeersligte of stopstrate te ignoreer en op soliede strepe verby te steek.
• Herhaalde parkeerverkeersoortredings kan tot die skut van ’n voertuig lei.
• Voertuie wat buitensporige geraas veroorsaak, kan geskut word indien die bestuurder of eienaar herhaaldelik aan dieselfde oortreding skuldig bevind is.
• Voertuie sonder nommerplate sal eers vrygestel word wanneer geldige plate aangebring is.
• Onpadwaardige voertuie sal net vrygestel word nadat ’n geldige padwaardigheidsertifikaat voorgelê is.

Dit is vir die VF Plus kommerwekkend dat 108 motoriste gedurende die onlangse langnaweek, wat Vryheidsdag as openbare vakansiedag ingesluit het, in hegtenis geneem is vir bestuur onder die invloed van alkohol.

Dit is duidelik dat die omvang van wetteloosheid op die paaie dringende en daadwerklike optrede vereis.

Gegewe die strafregstelsel se onvermoë om konsekwent skuldigbevindings teen verkeersoortreders te verkry, sal hierdie voorgestelde wysigings broodnodige beskerming bied aan padgebruikers wat daagliks blootgestel word aan roekelose en onwettige gedrag op ons paaie.

Die VF Plus steun elke poging om die wette en regulasies in Kaapstad te versterk en te handhaaf, veral in ‘n tyd waarin misdadigers dikwels in hegtenis geneem word sonder dat betekenisvolle skuldigbevindings volg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.