Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mangaung-begroting: Kleinhoewes tot meer as 300% belas sonder dienste

Die VF Plus het gister weens onder meer buitensporige belastings teen die Mangaung-metro se begroting vir die 2026/27-finansiële jaar gestem.

Een van die grootste redes is die metro se besluit om inwoners van kleinhoewes soos Bloemdal, Spitskop, Ferreira, Estoire, Bainsvlei, Kwaggafontein en Kellys View in ’n nuwe “kleinhoewe”- residensiële kategorie te plaas wat belastingverhogings van tot 300% gaan beteken.

In hierdie gebiede is daar in baie gevalle geen vullisverwydering nie, die stormwaterinfrastruktuur is swak, paaie en brûe word nie onderhou nie en kragonderbrekings neem toe wanneer dit reën of die wind sterk waai. Inwoners ry letterlik langs paaie omdat die paaie self onbruikbaar geword het.

Die metro kan nie residensiële tariewe hef sonder residensiële dienste nie.

Terwyl belastingbetalers op die kleinhoewes harder belas word, vloei miljoene steeds na selektiewe projekte in ANC-wyke. Bloemdal, Ferreira en Estoire ontvang bykans geen betekenisvolle infrastruktuurbelegging nie.

Bainsvlei ontvang minder as R200 000 vir stormwater-opgraderings, ’n toekenning waarmee bykans niks bereik kan word nie.

Die metro erken die ernstige verval in infrastruktuur, die finansiële probleme en groeiende diensagterstande. Nogtans word inwoners gevra om meer te betaal vir minder dienste.

’n Begroting op papier beteken niks wanneer implementering misluk nie.

Terselfdertyd word wanbetalers gehelp deur skuldverligtingskemas, terwyl die inwoners wat hul rekeninge getrou betaal, geen ondersteuning ontvang nie.

Die VF Plus verwerp ’n begroting wat verval normaliseer terwyl belastingbetalers al hoe harder gestraf word.

Dis ons tyd om Mangaung uit die hande van die ANC se swak bestuur te neem.

Registreer nou en stem VF Plus op 4 November vir werklike verbetering in Mangaung.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.