fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Wysigings aan Billike Indiensnemingswet moet ten alle koste teengestaan word

 Die konsep Wysigingswetsontwerp oor Gelyke Indiensneming sal die reeds sukkelende ekonomie en steierende werkloosheidskrisis in Suid-Afrika vererger. Die ANC-regering se ongenaakbare afdwing van ‘n gefaalde politieke ideologie het reeds die ekonomie van die land onherstelbare skade berokken, maar steeds weier die regerende party om daarvan afstand te doen.

Die privaatsektor is die grootste werkskepper in die land, maar dit is juis die privaatsektor wat deur striemende en voorskriftelike arbeidswetgewing aan bande gelê word wat bloot sal vererger indien die wetswysigings deur die parlement aanvaar word.

In sy pogings om die aandag van sy eie mislukkings af te lei, hamer die regering op tekortkominge in die privaatsektor, soos ‘n sogenaamde gebrek aan transformasie.

Die minister van arbeid sal deur middel van hierdie wet sektorspesifieke-indiensnemingsteikens kan stel vir diegene wat onderverteenwoordig is in die werksplek, soos swart mense, vroue en mense met gestremdhede. Die mag oor sake-ondernemings wat hierdeur aan die minister van arbeid gegee word, is uiters kommerwekkend.

In stede daarvan om gunstige toestande vir sake-ondernemings in Suid-Afrika te skep, sal hierdie wetswysigings, indien so aanvaar, net nog ‘n struikelblok in die pad van ekonomiese vooruitgang en werkskepping wees.

Die Vryheidsfront Plus beywer hom vir gelyke geleenthede op alle vlakke, hetsy indiensneming, op sportgebied of andersins en sal hierdie wetswysigings ten sterkste teenstaan. Ons doen ‘n beroep op die sakegemeenskap en burgers van Suid-Afrika om gedurende die openbare deelnameproses wat nou volg, dieselfde te doen.

Navrae: 072 997 8315

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.