fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC gebruik geletterdheid en basiese onderwys as ‘n instrument vir maatskaplike beheer

(NRP-debat: Aansuiweringsbegroting vir Basiese onderwys)

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, neem die leiding in ‘n skandelike stelsel waar die ANC gehoor gee aan die reëls van outoritêre regerings deur die eeue heen en die geletterdheid van kinders as ‘n politieke wapen gebruik om maatskaplike beheer te handhaaf. 

Waarom benadeel die regering die ontwikkeling van kinders in Suid-Afrika? Is dit om maatskaplike beheer verder te bevorder en om mense steeds meer afhanklik van die staat te maak sodat hulle effektief beheer kan word?

Volgens die Verenigde Nasies (VN) se agentskap Unesco behels geletterdheid nie net die vermoë om te lees en skryf nie, maar ook die aanleer van vaardighede wat nodig is om ‘n effektiewe en produktiewe rol te vervul in die samelewing.

Maar in stede daarvan, is hierdie minister en die ANC besig om die vlamme van ongeletterdheid in Suid-Afrika aan te blaas met die hersiene kurrikulum waardeur Graad 1-leerlinge toegelaat word om tot graad 2 te vorder, ondanks die feit dat hul spel- en wiskundige vaardighede nie op die vereiste vlak is nie.

Dit is onregverdig om 'n kind na 'n hoër graad te bevorder wanneer hul vaardighede en opvoedingsvlak nie op peil is nie.

So 'n kind sal altyd 'n slagoffer wees en minderwaardig voel teenoor sy portuurgroep. Daardie kinders sal nooit presteer of hul volle potensiaal kan bereik nie. So 'n kind sal in die werkloosheidsry staan en van die regering afhanklik wees om hom te onderhou.

Die regering se sin van beregtiging en blaamverskuiwing, sal deel vorm van hierdie kultuur en onderprestasie sal die norm wees.

Hierdie minister sal onthou word vir ‘n stelsel waar 23 796 openbare skole in Suid-Afrika nie daarin kon slaag om aan meer as 12 miljoen kinders die nodige onderrig te verskaf nie.

Sy het ook die leidende rol gespeel in die skandelike versuim om die nodige persoonlike beskermingstoerusting aan skole te voorsien, wat toegelaat het dat daar na 26 jaar nog puttoilette by sekere skole is en weens die aflegging van broodnodige personeel.

Die Covid-19-pandemie is sleg vir Suid-Afrika maar goed vir die ANC, omdat dit meehelp dat geletterdheid en onderwys misbruik word om die ANC se beheer te vergroot. Kinders word beroof van hul kinderjare en hul toekoms.

Covid-19 is nie die skuldige nie, die regering is.

Navrae: 079 885 1135

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.