fbpx
Vryheidsfront Plus

Merafong-munisipaliteit se R40 miljoen-betaling aan Eskom onvoldoende

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Welverdiend, Blyvooruitzicht, Deelkraal, Doornfontein) se betaling van R40 miljoen aan Eskom is ‘n druppel aan die emmer om sy agterstallige rekening van meer as R400 miljoen te delg en beslis is nie ‘n waarborg dat die nasionale kragverskaffer nie verdere drastiese stappe oorweeg nie. Die munisipaliteit skuld Eskom reeds R452 518 993 en die bedrag eskaleer daagliks.

Die munisipaliteit se verskoning dat die uitstaande bedrag toegeskryf word aan wanbetalings weens die Covid-19-pandemie, is ongegrond. Die skuld aan Eskom het reeds voor die pandemie R383 073 085 beloop.

Die invordering van munisipale rekeninge is tans slegs 52% wat die munisipaliteit se situasie verder versleg.

Inwoners van die munisipaliteit word daagliks gekonfronteer met kabeldiefstal, transformators wat gevandaliseer word en stadige herstelwerk. Baie huishoudings word vir dae sonder elektrisiteit gelaat as gevolg hiervan.

Die benarde situasie word toegeskryf aan die ANC-beheerde munisipaliteit se onvermoë om die munisipaliteit suksesvol te bestuur.

Die VF Plus sal nie huiwer om die wanbestuur van dié munisipaliteit uit te wys en druk op die munisipaliteit te plaas om elke dorp in die gebied suksesvol te bestuur nie.

Navrae: 082 671 2302

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.