fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in SA

Wettige vuurwapen-eienaars is nie die oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika nie en daar moet eerder gefokus word op ander oorsake soos die SA Polisiediens wat meer as 18 000 vuurwapens in net vyf jaar verloor het, sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van die VF Plus oor polisie.

Dr. Groenewald sê die oproep gaan al hoe meer op – ook vanaf vooraanstaande persone in die land – dat daar strenger vuurwapen-wetgewing moet wees weens die hoë vlakke van geweldsmisdaad en die ANC is aan die voorpunt hiervan.

“Die VF Plus sê u mislei uself indien u glo dat u deur strenger wetgewing wat vuurwapen-eienaarskap sal beperk, misdaad gaan beperk. ‘n Ontwapende gemeenskap is presies wat misdadigers wil hê. Dit sal misdaad laat styg en daar is wetenskaplike studies hieroor gedoen.

“Die groot probleem is onwettige vuurwapens soos die van die polisiediens wat 18 000 in net vyf jaar verloor het. Die vraag moet eerder gevra word of dit nie is waar die probleem lê nie.

“Misdaad het gestyg weens politieke inmengery in die polisie, korrupsie, swak bestuur en ‘n gebrek aan dissipline. Dit en die strafregstelsel moet eers reggestel word voordat daar gefokus word op wettige vuurwapeneienaars, want hulle is nie die probleem en oorsaak van geweldsmisdaad nie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.