fbpx
Vryheidsfront Plus

Waterkrisis: VF Plus dien strafregtelike klag in teen Vhembe-distriksmunisipaliteit

Die waterkrisis wat die Makhado- en Musina-plaaslike munisipaliteite teister kan nie langer geduld word nie en daar moet nou daadwerklik opgetree word om dit op te los.

Om dié rede het die VF Plus vandag ‘n strafregtelike klag teen die uitvoerende burgemeester van die Vhemde-distriksmunisipaliteit, mnr. Nenguda Dowelani en die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. NC Tshikovha, by die polisie op Louis Trichardt ingedien.

Die klagte en versoek om 'n ondersoek, spruit uit die beweerde nie-nakoming van die bepalings van die Grondwet, die Nasionale Waterwet en die Wet op Waterdienste.

Die distriksmunisipaliteit het 'n wetlike verpligting om drinkbare water aan sy eindgebruikers, die inwoners van die Vhembe-distriksmunisipaliteit, te verskaf.

Die munisipale bestuurder is die rekenpligtige beampte van die munisipaliteit en mnr. Tshikovha vervul tans hierdie rol, terwyl die uitvoerende burgemeester, mnr. Nenguda Dowelani, aangestel is as die hoof van die uitvoerende bestuur, wat veronderstel is om 'n oorsigrol in hierdie verband te vervul.

Inwoners van Louis Trichardt (Makhado) en Musina gaan vir etlike jare gereeld gebuk onder ernstige watertekorte

Die VF Plus het ook reeds 'n klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien teen die distriksmunisipaliteit oor die voortslepende waterkrisis waaraan niks gedoen word nie.

Die ondersoeke moet op ‘n dringend geskied om die verantwoordelike amptenare tot verantwoording te roep en die waterkrisis op te los.

Inwoners van Louis Trichardt en Musina verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.