fbpx
Vryheidsfront Plus

NGV-wetsontwerp: Opposisiepartye kry uitstel vir regsmenings nadat VF Plus regskrywes aan parlement rig

Die VF Plus het die parlement se portefeuljekomitee vir gesondheid oorreed om meer tyd aan opposisiepartye te gun om hul eie regsmenings oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-wetsontwerp in te win.

Nadat die komitee verlede week aangedui het dat hy nie bereid is om partye bykomende tyd te gun vir regsmenings nie, het die VF Plus die afgelope naweek ‘n skrywe van sy regspan hieroor by die parlement laat aflewer. (Sien aangehegte skrywe).

In die skrywe het die VF Plus die parlement op terme geplaas oor die aangeleentheid en onder meer daarop aangedring dat partye billike tyd gegun moet word vir regsmenings.

Hierdie optrede is genoodsaak nadat die VF Plus verlede Woensdag (22 Maart) uit protes die komitee verlaat het oor die weiering om uitstel aan partye te gee vir regsmenings.

Die VF Plus se standpunt was dat die parlement en staat se regsadviseurs twee maande tyd gegun is om hul menings te formuleer terwyl opposisiepartye net twee dae gegun is.

Die VF Plus het die komitee reeds op 15 Maart 2023 versoek het om uitstel vir die regsmenings. Die versoek is summier geweier.

Tydens ‘n sitting van die portefeuljekomitee wat vanoggend plaasgevind het, is die skrywes van die VF Plus se regsverteenwoordigers voorgehou.

Die VF Plus het dit duidelik gestel dat, nieteenstaande die meerderheidsbesluit van die komitee, die party sal voortgaan om sy eie regsmening te verkry.

Hierdie mening sou dan by die kantoor van die speaker, die voorsitter van die parlement asook die voorsitter van die portefeuljekomitee ingedien word.

Die VF Plus het daarop gewys dat die party se regsverteenwoordigers geen reaksie op hul skrywe ontvang het nie. Die skrywe aan die parlement het die instelling op terme geplaas.

Die VF Plus se regskrywes van die afgelope naweek het gevra om ‘n uitstel tot 19 April 2023. Die komitee het die vergadering uitgestel tot 5 April 2023.

Die VF Plus beskou hierdie uitstel as ‘n oorwinning vir die demokratiese prosesse van die parlement.

Die party sal voortgaan om druk toe te pas aangaande die NGV om te sorg dat die ANC nie die wetsontwerp bloot deurstoomroller nie.

Die VF Plus se regsverteenwoordigers sal ook voortdurend die proses monitor. 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.