fbpx
Vryheidsfront Plus

Opgedateerde grondoudit benodig vir Ehlanzeni

Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit (Mbombela, Nkomazi, Bosbokrand, Thaba Chweu) kort dringend 'n opgedateerde grondoudit om grondeienaarskap, -gebruik, -ontwikkeling en beplanning beter te verstaan.

Die VF Plus het reeds vrae by die munisipaliteit ingedien aangaande sy jongste weergawe van die grondoudit.

Die jongste opdatering wat ontvang is, weergawe 6, is reeds in November 2015 gepromulgeer. Dit is byna agt jaar oud.

Met die toenemende eise oor grondbesit vir die massas, sal dit moeilik wees om tred te hou met verblyfreg. Die grondkwessie word ook dikwels vir goedkoop politiek misbruik.

Die 2015-weergawe vervat reeds statistiek wat menings oor grondbesit binne die Ehlanzeni-distriksgrense kan beïnvloed.

Plase wat deur die staat en plaaslike munisipaliteite besit word, was toé altesame 1,316 miljoen hektaar en private plaaseienaarskap 1,05 miljoen hektaar.

Privaat-eienaars besit 66% erwe en die staat 33%.

Uit die vier plaaslike munisipaliteite wat binne die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit val, het Bosbokrand die grootste totaal van 804 095 hektaar gehad wat aan die regering behoort en 219 169 aan die private sektor.

Thaba Chweu het 212 953 hektaar in staatsbesit gehad en 353 728 hektaar in private besit.

Mbombela het 186 000 hektaar in staatsbesit gehad en 345 863 privaat.

Nkomazi het 179 565 hektaar in staatsbesit gehad en 147 340 privaat.

Met die voortgesette grondeiseproses wat in 2014 verleng is, was daar baie suksesvolle eise waar private grond deur die restitusieproses is.

Titelaktes van beide die provinsiale regering en plaaslike munisipaliteite het sedert 2015 geëskaleer. In die laaste boekjaar het die provinsiale departement van menslike nedersettings 1 616 titelaktes toegestaan.

Daar is toenemend veranderinge in demografiese eienaarskap van eiendom asook met die gebruik van eiendom regdeur die munisipaliteit.

Dit is beklangrik om hiervan kennis te neem om te beplan en die VF Plus het daarom 'n skriftelike versoek gerig aan die burgemeester van Ehlanzeni, mnr. Jesta Sidell, oor die bespoediging van die grondoudit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.