Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse provinsiale rede ʼn mors van geld

Die provinsiale rede van die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, was ‘n mors van tyd en belastinggeld. Sy en die ANC skuld die inwoners van die Vrystaat eintlik ‘n verskoning.

Die premier behoort jammer te sê vir die feit dat die provinsie onder haar party byna onherkenbaar verniel is en munisipaliteite mislukkings is waar gemeenskappe vir weke lank sonder water gelaat word.

Onder die ANC is dit die norm dat inwoners sekere dienste soos padherstelwerk self moet doen omdat die provinsie sukkel om kontrakteurs daarvoor aan te stel.

Dit is ook die norm dat pasiënte lank moet wag vir behandeling en medikasie onder haglike toestande in hospitale en klinieke.

Die premier het vandag vir meer as ‘n uur niks nuut gesê nie, behalwe dat haar party sy verbintenis met China verder gaan versterk.

Die VF Plus sal nie toelaat dat die ANC-normaal langer die provinsie se normaal sal wees nie. Die provinsie verdien beter. ‘n Beter toekoms sal net bereik kan word sonder die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.