Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus maak dit moontlik vir eerste gemeenskapsverbeteringsgebied in Eersterus om self hul gebied te beveilig

VF Plus-raadslede in die Tshwane-metro het vandeesweek ses fietse met die nodige toerusting en bykomstighede aan die eerste Eersterust-gemeenskapsverbeteringsgebied (CUP) geskenk waarmee vrywilligers die gebied gaan patrolleer.

Die oorhandigingsgeleentheid het plaasgevind by die burgersentrum in Eersterust.

Die oogmerk van die skenking is om gemeenskappatrolleerders te bemagtig om hul gemeenskap te beveilig en ook om hulself te beskerm met die uitvoer van patrollies.

Die onlangse registrasie van die Eersterust-gemeenskapsverbeteringsgebied (CUP) is ‘n mylpaal vir die VF Plus, aangesien die party dit in die Tshwane-metro geïnisieer het.

Hierdie inisiatief is in November 2023 van stapel gestuur en stel gemeenskappe en sakeondernemings in staat om aanvullende dienste in vennootskap met die metro aan te bied en te bestuur.

Die Eersterust-gemeenskapsverbeteringsgebied (CUP) is die eerste volledige wyksgemeenskapsverbeteringsgebied.

Die vrywillige gemeenskapspatrolleerders het die afgelope jaar opleiding in noodhulp, brandbestryding en die bekamping van dwelmmisbruik ontvang. Verdere opleiding word beplan in voorvalbestuur en verkeer-beheermaatreëls.

Pro Shield, ʼn private sekuriteitsmaatskappy, sal ook die span ondersteun om veiligheidsmaatreëls in die buurte toe te pas.

Die VF Plus bedank sy raadslede vir die verskil wat hul in soveel mense se lewens in die metro maak.

ʼn Spesiale woord van dank ook aan André Jacobs, die VF Plus se sekretaris in die Tshwane-metro, vir sy harde werk wat die projek moontlik gemaak het.

Me. Barbara Meyer, wat dien as die fietspatrollie-koördineerder, is gebaseer by die Eersterust-polisiekantoor en kan by die volgende nommer gekontak word vir navrae: 076 036 6598.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.